Dié inwoners van Garden Village en Lourensiapark het verlede Donderdag (17 Februarie) in die Somerset-Wes-omgewing betoog waar informele strukture opgeskiet het. Dit volg kort ná die moord op Carmen Pienaar, ’n ma van drie, wat weens wonde in ’n steekvoorval Maandag 14 Februarie in ’n stegie in die Gants-sentrum, in die hospitaal beswyk het (“Ma dood ná messtekery”). Die groep het die “Wrong Turn”-gebied (agter die verkeer-toetssentrum in Victoriastraat) besoek waarna hulle na Sergeant-straat beweeg het. Dit was nadat ’n moontlike verdagte wat na bewering onder die klomp wat hulle op die banke van die Lourensrivier in Somerset-Wes gevestig het, in verband met die moord in die oog was. Samuel Boonzaaier, ’n Garden Village-gemeenskapsaktivis, het uitgepraat oor die moord wat “een van hul eie, ’n geliefde kind van Garden Village”, geëis het en hulle tot aksie gedwing het. Volgens Boonzaaier veroorsaak die “inkommers” ’n groot probleem – nie net vir wetstoepassing nie, maar ook die polisie, omdat hulle by misdade betrokke is. “Ons doen ’n beroep op inwoners om ag te slaan op ons situasie. Met enige misdade wat gepleeg word, word daar gesê dis weer Garden Village of Lourensiapark se mense. Neem die mense wat teen die rivier plak, in ag


Betogers praat uit oor haweloosheid

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article