Die Strand-polisie se blinkste en beste beamptes asook sekere gemeenskapsvennote is Donderdag 28 Julie vir uitmuntendheid vereer. Die toekenningsgeelligheid het met ’n ete by die Somerset-Wes-gholflandgoed plaasgevind. Genl.maj. Vincent Beaton (regs), hoof van die Blue Downs-polisiegroepering, was die eregas wat die pryse saam lt.kol. Cornelius Franken (links) oorhandig het. Sersant Vernon Brian Louw (middel) het die gesogte stasiebevelvoerder-prys, wat ’n wisseltrofee en sertifikaat insluit, ontvang. Die Strand-polisiewoordvoerder, AO Nico Beukes, het die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum se prys vir gemeenskapsinteraksie ontvang.


Lede van die polisiekantoor se misdaadbekampingseenheid is ook as die beste vereer. Hulle is sersante Safwan Darries, Babalwa Limba en Sonja Shahida Phillips, konstabels Siyabonga Shepherd Mde en Niczaan Puffin saam met Beaton (tweede van regs) en Franken (ver links) wat hul pryse oorhandig het.Foto’s: Rick Marais.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article