’n Plaaslike eiendomsagentskap en omgee-mense uit die Helderberg het saamgespan vir skenkings om twee gesinne te help nadat hulle hul Ruthof- wonings op Vrydag 26 Mei in ’n verwoestende brand verloor het (“Twee gesinne verloor alles in brand,” DistriksPos & Helderberg Gazette, 31 Mei). Seeff Strand het die nood raakgesien en saamgespan met Badisa Strand asook die provinsiale departement van korrektiewe dienste om benodigdhede in te samel. Links is Jeslyn Thorne (Seeff-administratiewe klerk), Liezel Campbell (Seef-administratiewe klerk), Brendyn Alloys (Badisa Strand), Alten Vermaak (Seeff-eienaar) en Robin Maripan (departement van korrektiewe dienste).Foto: Rick Marais


Gemeenskap maak hart oop

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article