Helderberg-rugbyklub is in vir ’n besonderse rugbyjaar.

Sy eerste vriendskaplike wedstryde vind reeds Saterdag 17 Februarie op sy tuisveld, die Charles Morkel-stadion in Strand plaas.

Die amptelike seisoen begin die Saterdag ná Paasnaweek. Van die Pase gepraat – Helderberg is genooi om in die jaarlikse Paastoernooi in Saldanha deel te neem.

Buiten die vooruitsig van die taai toernooi, is Berge ook deel van die nasionale Gouebekertoernooi vanweë sy tweede plek in die Westelike Provinsie se Superliga A-eindstryd.

Sowat 110 spelers oefen reeds kliphard om hul lywe gereed te kry vir wat vir hulle Maandag-, Dinsdag- en Donderdag- aande op albei die klub se velde voorlê.

Die hoog aangeskrewe hoofafrigter Koos Eksteen is in beheer van die senior groep en Carl Block lei die o.20- afdeling.. Vir verdere besonderhede bel vir Neels du Toit by 084 065 3239; of Lin Beukes by 082 558 7071.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article