Die Rusthof Oslo-skool het onlangs ’n skenking van ’n witbord-jaarbeplanner by Evergreen se nasionale kantoor ontvang. Dié skool maak voorsiening vir leerders met intellektuele gestremdheid asook leerders op die outistiese spektrum. Die skool het op die oomblik 236 leerders, 23 onderwysers, drie terapeute en ’n sielkundige. Die voedingsgebied van die skool dek die Helderbergkom en Khayelitsha. Die bord pronk nou in die personeelkamer. “Die personeel wil graag hul opregte dank uitspreek vir die skenking van die jaarbeplanner waarsonder ’n skool nie doeltreffend kan funksioneer nie,” het Zelda Botha, die adjunkhoof, gesê.Foto:


Beplanning kan nou behoorlik gedoen word

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article