Min dinge is lekkerder as ’n ontbyt-en-koffie-uitstappie-bederf en bejaardes van die Beverly Hills-sentrum in Rusthof is verlede Donderdag (7 Maart) deur Katy Arendse, ’n gemeenskapsweldoener wat die Maranatha-sopkombuis in Erijaville bestuur, uitgeneem en getrakteer. Die bejaardes is na die Hebrews-koffiewinkel in Strand en volgens Arendse was dit vreeslik genotvol vir die bejaardes om ’n bietjie uit te kom aangesien hulle baie min kans kry om uit te kom en om so bederf te word. Foto: Rick Marais


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article