Die dames is getooi in hul wit en rooi uitrustings. Foto: Rick Marais


Die Stad Kaapstad se departement van maatskaplike ontwikkeling en vroeëkinderontwikkeling het Vrydag (17 Februarie) bejaardes van Strand op hul eie spesiale Valentynsdag-saamtrek getrakteer.

Verteenwoordigers van die departement van gemeenskapsontwik­keling het die dag vir die bejaardes in die Strand-stadsaal aangebied.

Sheryl Esau van die departement was die organiseerder en het vertel die bejaardes het geskater soos hulle vir Ghakeem Roman, ’n komediant, wat tussendeur gesing en gedans het, gelag het.

Op die dag het is Meneer en Mevrou Valentyn ook gekroon, en dis waarom ’n ieder en ’n elk van die bejaardes in hul mooiste uitrustings getooi – baie van hulle in Valentyn-rooi – was.

“Ons het die dag gehou om Valentynsdag saam met 50 bejaardes uit Strand se Wyk 86 te vier.

“Ons het die dag ook gebruik om die bejaardes inligting te gee oor demensie. Ons wou die bejaardes ’n geleentheid gee om die byeenkoms te geniet,” het Esau verduidelik.

Sarah Botha van Gustrouw is as Mevrou Valentyn aangewys en Jan Vosloo van Helderbergpark is as Meneer Valentyn gekroon.

Nog ’n inwoner van Helderbergpark, Elizabeth Daniels, is as die best dressed-bejaarde aangewys.

Esau het elkeen van die bejaardes wat die dag bygewoon het vir hul teenwoordigheid bedank.

“En Meneer Persoonlikheid is?.?.?.” Dít is die een aankondiging waarvoor almal onlangs by ’n Meneer en Mevrou Valentyn-kompetisie, wat in die Strand-stadsaal gehou is, gewag het. Die 99-jarige Hendrik Basson van Nomzamo het telkemale die vroue se dansskoene onder hulle uitgeskoffel. Basson was ná die verskeie dansies heeltemal uitasem, maar wanneer die musiek weer begin speel, het hy opgespring en verder gedans. Dit was volgens die organiseerders juis waarom hy as Meneer Persoonlikheid gekies is. Die Stad Kaapstad se departement van gemeenskaps- en vroeëkinderontwikkeling het verlede week (Vrydag 17 Februarie) bejaardes van die Helderberg op hul eie Meneer en Mevrou Valentyn getrakteer. Die dag is spesiaal vir die bejaardes gehou en elkeen het ’n lekker ete en drinkgoed ontvang terwyl hulle in styl onthaal is.

Die dames is getooi in hul wit en rooi uitrustings. Foto: Rick Marais

Gakiem Roman vermaak die bejaardes by die Valentynsdag-geselligheid.Foto: Rick Marais

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article