STRAND – Daar is niks lekkerders as ’n basaar­pannekoek, nagereg en ’n lekker hamburger en skyfies nie.

Helderbergers kan hierna en vele ander etes uitsien wanneer die NG gemeente Lourensrivier Saterdag 1 Augustus sy wegneemetes-basaar aanbied.

Bestellings vir ’n reeks etes word reeds geneem, so plaas so gou as moontlik joune om teleurstelling te voorkom.

Die spyskaart is onder meer: panne­koek (R6); karringmelk-, gesondheid- en boerebeskuit (R45); kleinkoekies (R25); botterbroodjies (R30 vir vyf en R60 vir 10); hamburger en skyfies (R40); ham­burger (R30); skyfies (R15); vetkoek son­der vulsel (R10); vetkoek met maalvleis (R25); boereworsrolletjie (R20); tradisio­nele basaarpoeding (R15); malvapoeding (R15); bobotie en geelrys (R55); lasagne (R30) en patat (R20). Gevriesde bobotie is ook teen R40 per bakkie beskikbaar.

Alle bestellings moet voor of op Maan­dag 20 Julie per SMS of WhatsApp na 082 560 5283 gestuur word en onthou om jou naam en van by te voeg. Jy sal ’n ver­wysing ontvang as bevestiging dat jou bestelling ontvang is. Betalings kan via EFO gedoen word of op die dag van die basaar, met die regte hoeveelheid geld in ’n koevert (geen kleingeld), of betaal per kaart by die kerkkantoor.

Haal dan tussen 11:00 en 14:00 jou bestelling by die kerksaal, op die hoek van Broadway-, Da Gama- en Jennings­straat in Strand af. Vir nog inligting, of om die kerk se bankbesonderhede te bekom, besoek www.lourensrivier.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article