’n Maatskaplike werker by Badisa Strand benodig die gemeenskap se hulp om twee mense, Werner en Eva Flink, op te spoor.

Dié 46-jarige man en 37-jarige vrou het laas by Petuniastraat 279, Broadlandspark, Strand, gewoon.

Hulle word versoek om die organisasie dringend te kontak.

Mense met inligting word aangespoor om die Badisa-kantoor by 021 853 1888 te skakel of ’n e-pos aan die maatskaplike werker Hazel Botto by hazelb1901@gmail.com te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article