Die Badisa-tak in Strand is op soek na die biologiese pa’s van twee kinders in twee verskillende sake.
In die eerste saak word Mdonza Ndlovo, die biologiese pa van die negejarige Keathan Klein, gesoek. Ndlovo was glo laas in die Dessert-omgewing in Strand woonagtig. Sy familie is in Bosduifstraat, Broadlandspark, woonagtig.
In die tweede saak word Ross Soya, die biologiese pa van sewejarige Kayleigh Klein, gesoek. Soya bevind homself glo in die Gordonsbaai-gebied.
Enigeen met besonderhede oor waar die mans hulself bevind, word gevra om die maatskaplike werker van Badisa Strand, Hazel Botto, by 021 853 1888, 079 644 6036 of mw3strand@telkomsa.net te kontak.

