As gevolg van die Covid-19-pandemie kon die nasionale atletiekkampioenskap nie vanjaar beslis word nie en baie atlete se prestasiepaadjie is kortgeknip. ’n Groep atlete van die Hoërskool Strand het vanjaar puik prestasies op die atletiekbaan gelewer en sou by die skool se atletiek-prysuitdeling met volle en half-erekleure vereer word. Hulle is Marli Botha, Rejeanne Herbst, Christopher Smit en Anél Swart. Caitlin Isaacs was afwesig. Marli het reeds by die Boland-atletiekkampioenskap vir meisies o.20-hamergooi vir die ASA junior kampioenskap gekwalifiseer en ontvang dus volle erekleure. Rejeanne, Christopher, Anél en Caitlin het al vier aan die Wes-Kaapse kampioenskap deelgeneem en half-erekleure ontvang.Foto:


Atletiekwenners wys staal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article