Atlete van Hoërskool Zandvliet het Dinsdag 13 Februarie aan die A-afdeling se interskole-atletiekbyeenkoms op Vygieskraal in Athlone deelgeneem. Hulle het teen 12 skole meegeding en ’n puik oorwinning behaal. Die topvyf-skole was Zandvliet (421), Partlands (363), Rocklands (298), Westridge (225) Gordon (188). Zandvliet-atlete het op die veld en die baan skoonskip gemaak. Dit was veral die aflosspanne wat skitterende vertonings opgelewering het. Altesaam 62 atlete het na die eindronde deurgedring. Die verskillende sones het op Vygieskraal aan die kampioenskap deelgeneem. Vier van Zandvliet se topatlete – Nikisha Phillips, Naphtali Esau, Randall Stuurman en Jethro Gordon – het die WP-span gehaal.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article