Agt van die Laerskool De Hoop se atlete is in die WP-atletiekspan ingesluit. Agter is Juane Maas, Nathan Sander en Mila Ueckermann. Voor is Lana Visser, Annalene Burger, Ruald de Villiers en Zani Volschenk.


Die Laerskool De Hoop se atlete het vanjaar uitstekend gevaar.

Altesaam 13 atlete het die Metro-Oos-atletiekspan verteenwoordig en aan die WP-atletiekkampioenskap deelgeneem.

Agt van die skool se atlete is in die WP-atletiekspan ingesluit.

Die atlete is Annalene Burger (o.10, verspring), Rachel Reid (o.10, hoogspring), Zani Volschenk (o.10, 1 200 m), Mila Ueckermann (o.11, gewigstoot), Lana Visser (o.11, 70 m-hekkies), Juane Maass (o.13, spiesgooi), Ruald de Villiers (o.10, hoogspring) en Nathan Sander (0.13, diskusgooi).

Die atlete het in Paarl aan die Wes-Kaap- atletiek­kampioen­skap deelgeneem.

Mila Ueckermann is in die Wes-Kaap-atletiekspan ingesluit wat dié vakansie aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap gaan deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article