Sesde jaarlikse Mej. Helderberg-skoonheidskompetisie by GJ Joubert Primêre Skool bied platform vir jong deelnemers.
Sesde jaarlikse Mej. Helderberg-skoonheidskompetisie by GJ Joubert Primêre Skool bied platform vir jong deelnemers.

Sesde jaarlikse Mej. Helderberg-skoonheidskompetisie by GJ Joubert Primêre Skool bied platform vir jong deelnemers.
Skoonheid het Saterdag 7 Junie by die 2025- Mej. Helderberg-kompetisie by die GJ Joubert Primêre Skool geseëvier. Dié skoonheidskompetisie se sesde jaar het in ‘n atmosfeer van blydskap plaasgevind en menige Helderberg-inwoner het ten spyte van die koue opgedaag om die jong manne en vroue te aanskou. Die geleentheid se doel is om jong mense ‘n platform te bied om hul unieke skoonheid uit te druk.
Anastacia Cameron as Mej. Helderberg 2025 met prinsesse Georgia Lottering en Griffin Johannes.
Die stralende 17-jarige Anastacia Cameron (middel) van Eersterivier is as Mej. Helderberg 2025 gekroon. Georgia Lottering (regs) het die eretitel – eerste prinses – verower, terwyl Griffin Johannes (links) as tweede prinses die koninklike hof voltooi het. Die skoonheidskoninginne het weggestap met luukse geskenke en vet geldpryse, geskenk deur die borge van hierdie gesogte kompetisie. Die Mej. Helderberg-organiseerders spreek hul dank uit aan al die borge wat tot die sukses van die jaarlikse kompetisie bygedra het.
Hakeem Gallies (Mnr. Helderberg) met sy hofkastig; Nadia en Rachmat Valentine as organiseerders.
Mej. Helderberg was nie net vir die vroue nie – verskeie ander titels is ook verower. Hakeem Gallies is as Mnr. Helderberg 2025 aangewys, Kaylib Mango het as die algehele senior mans- wenner geseëvier en Le-Keshia Joubert is as algehele senior vrouewenner aangewys. Spesiale titels soos Beste geklee, Beste persoonlikheid en Beste temadrag is ook toegeken. Foto links: By die geleentheid was, van links, Brent Louis (seremoniemeester), Ranshaw Opperman (eerste prins), Hakeem Gallies (Mnr. Helderberg 2025) en Rodney Lewis (tweede prins).
Organiseerders Rhoda en Valentine met kunstenaar Andrea Fortuin by Mej. Helderberg-kompetisie.
Die skoonheidskompetisie is aangebied deur die hardwerkende dogter-en-ma-duo Nadia Rhoda (links) en Rachmat (regs) Valentine. Die twee het al die moontlike gedoen om ‘n glansryke vertoning te verseker. Rhoda het vroeër vanjaar ‘n belofte gemaak om vanjaar se Mej. Helderberg-kompetisie die mees glansryke en prestigeryke vertoning te maak wat die gemeenskap nog bygewoon het. Die vermaaklikheidsprogram was veelsydig, met meesterlike aanbiedings en stylvolle loopplankvertonings, asook uitsonderlike optredes deur plaaslike talente soos Andrea “Andy” Fortuin (middel), wat die gehoor op die glansryke geleentheid met hul musikale talent bekoor het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article