Die matrieks van Hoërskool Parel Vallei het Donderdag 28 November die skool vir die laaste keer gegroet ná die ontwerp-leerders hul laaste vraestel geskryf het. Vir dié groep was daar darem nog tyd vir ’n laaste foto saam met skoolskoene wat die matrieks agtergelaat het. Agter is Ethan Verrezen, Hugo Potgieter, Zen van der Merwe, Alyssa Harrison, Minseok Kim, Ronan Wademan en Gary Steyn. Voor is Kayla van Rensburg, Mia van der Merwe, Anika Loots, Abigail George, Minje Yang, Alex Nieto Lawrence en Hugo Uys. Volgens tradisie sal die skoene nou geskenk word aan ’n behoeftige skool in die Helderbergkom.Foto:


As die skoen jou pas . . .

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article