Die o.16A-meisieshokkiespan van Hoërskool Strand het in die skoolvakansie vir oulaas weer saam as ’n span teen die Duikers-toerspan gespeel. Die Arende het stadig maar seker die roes afgewas – teen die tweede helfte het die spelers behoorlik in rat gekom en was dit die Duikers, ’n o.14-streekspan wat saamgestel word uit spelers van Griekwas, Noordwes, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, wat die keerwerk moes doen. Die doele het begin inrol en Strand het die wedstryd met 4-0 gewen danksy doele deur Aneldi Morkel (2), Lecé van Wyk en Carike Breytenbach. Hier is Ruby Farmer (HS) in aksie teen ’n opponent van die noorde.Foto:


Arende wys staal teen toerspan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article