Hoërskool Strand het aan die einde van die derde kwartaal sy jaarlikse hokkietoekenningsfunksie in die skoolsaal gehou.
Die hokkiespelers is beloon met klein trofees, sertifikate vir half- en volkleure, asook wisseltrofees vir belowende spel as voorspelers, agterspelers en spelers wat die meeste vordering getoon het.



