Meisieleerders en onderwysers van Hoërskool Strand het Maandag 9 Maart byeengekom ter viering van Wêreldbiddag vir vroue. Die dameskring se Melkbaai-tak het aan elke meisie ’n boekmerk uitgedeel waarop vanjaar se tema (Johannes 5:2-9) uitgebeeld word: “Staan op! Neem jou slaapmat en loop!” asook ’n boekie, Die Bybel, Hoop vir Almal. Kristine Burgwal (regs), ’n Nederlandse onderwyseres wat geroep is om reeds sedert 2017 die evangelie onder kinders in Suid-Afrika te verkondig, was die oggend se gasspreker. By Burgwal staan Marlene Malan, eggenote van die skoolhoof, Danie Malan, wat ook die geleentheid bygewoon het.


Arende val op hul knieë

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article