Hoërskool Strand se rolbalspelers het Donderdag 29 Augustus ’n wedstryd teen ’n span van die Dominican Skool vir Dowes in Kenilworth gespeel. Dit was vir al die spelers ’n besondere ervaring en almal het gou aangepas om deur middel van gebaretaal met mekaar te kommunikeer. Dié kompetisie is in ’n goeie gees gespeel met die Arende wat al hul wedstryde gewen het. ’n Verteenwoordiger van Rolbal Suid-Afrika was ook teenwoordig om die dag te ondersteun.Foto:


Arende speel rolbal teen skool vir dowes

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article