Die Hoërskool Strand se toutrekspanne het verlede naweek die eer gehad om aan die grootste junior toutrekkampioenskap nog deel te neem, met ’n rekordgetal van 338 span-inskrywings in die pragtige Swellendam. Die kompetisie, wat Vrydag 24 en Saterdag 25 Maart beslis is, was baie straf, maar die Arend-trekkers het gewys hulle is spanne om mee rekening te hou. Die deelnemers het elkeen met ’n Z op die arm getrek om hul spanmaat, Zandre du Toit, wat voorverlede Maandag (27 Maart) in ’n motorfietsongeluk was en sy been gebreek het, te wys hulle trek ook vir hom. Die trekkers het nooit teleurgestel nie en dit was voorwaar ’n kompetisie vir die geskiedenisboeke. Baie geluk aan al die trekkers met ’n uiters suksesvolle naweek. Die uitslae was as volg: 520 kg gemeng A – vierde

Die 520 kg- gemengde spanlede is (agter, van links) Marconette Els, Ian Erasmus, Brendon van Rooyen (afrigter), Deana Schütte, Kaylee Nel en Sonike du Toit. Voor: Francois Uys, Zach Barnard, Melizza van der Merwe en Blaize Bosch.

Sonike du Toit saam met die afrigter van die Engelse-toerspan. Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article