Die Wes-Kaapse atletiek-kampioenskap is Vrydag 13 en Saterdag 14 Maart by die Dal Josafat-stadion in Paarl gehou met Hoërskool Strand se Boland-atlete wat goed presteer het. Marli Botha (foto) het die rekord in die hamergooi vir meisies o.17 drie maal van 53.37 m tot 55.13 m verbeter en so die goue medalje verower. Christopher Smit het ’n bronsmedalje in hamergooi vir seuns o.17 gewen met ’n gooi van 48.97 m. Anél Swart het ’n bronsmedalje gewen met ’n gooi van 39.73 m in die hamergooi vir meisies o.19, Caitlin Isaacs was vierde in die eindronde van die 100 m vir meisies o.19 en Rejeanne Herbst het die sesde plek in die hamergooi vir o.15-meisies behaal met haar gooi van 33.89 m. Die atlete is trots op hul prestasies.


Arende skitter weer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article