Hoërskool Strand se VRL-bemarkingsportefeulje van 2020, Lisa Westraat, Ebert Wessels, Zounica van der Merwe (voorsitter) en Durand van Deventer het saam met die skool se bemarker, Anso Kemp, ’n droom gehad om ouers, leerders en inwoners meer betrokke by die skool te kry. Hul droom, om ’n beeld van arendsvlerke by die skool aan te bring, is verwesenlik. Nou kan elke Arend na die vlerke kyk en weet dit is waar hulle kan nesskop. Dié beeld wat die innerlike Arend fisiek uitbeeld, is Vrydag 11 Desember amptelik onthul. Die skool bedank Zounica en haar span vir dié pragtige nalatenskap, Laminin Paints wat die verf geborg het en die kunsonderwyser Erna Groenewald wat die beeld tot lewe gebring het.


Arende se vlerke kry lewe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article