Liam Martin, ’n leerder van Hoërskool Strand, het spesiale pryse by die Boland-krieketunie se jaarlikse prysuitdeling, wat Saterdag 27 Juli) by die Protea Hotel buite Stellenbosch gehou is, ontvang. Klubspelers is by die geselligheid vir hulle prestasies vereer. Slegs vyf skoolseuns is na hierdie spoggeleentheid genooi. Twee bekers is by hierdie geleentheid aan Liam oorhandig – ’n trofee as speler van die toernooi en ’n trofee vir sy plek in die SA o.17-plattelandspan. Die o.17-plattelandtoernooi is in Desember 2018 in Kimberley beslis. Liam is daarna in die SA o.17-plattelandspan opgeneem. Hierdie begaafde krieketspeler is die eerste krieketspeler van Hoërskool Strand wat hierdie besondere eer te beurt val.


Arende se trots

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article