Die o.19A-krieketspan van Hoërskool Strand het Saterdag 25 Januarie die span van Hoërskool Parel Vallei met 78 lopies geklop. Die Arende het eerste gekolf en aan die begin gesukkel toe die telbord op 3/2 gestaan het. Danksy ’n vegtersbeurt deur die kaptein, Henco Stofberg (61), en goeie onder­steuning deur Guillaume Jansen (32) het HS 168 lopies aangeteken. Daarna het die gr.10-leerder Chris Jurgens die PV-kolwers verniel en ’n historiese 6/6 geneem om sy span na oorwinning te neem.Foto:


Arende se krieket bobaas teen Parel Vallei

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article