Vier Hoërskool Strand-fietsryers het Sondag 10 Maart die Cape Town Cycle Tour aangedurf en goed gevaar. Inge Vermeulen het die 109 km-uitdaging aangepak en met ’n tyd van 4:40 kafgery. Sy het tweede plek in die o.17-ouderdomsgroep behaal. Aiden Swart, Durandt du Plessis en Keaton Gertse het die 42 km-roete voltooi. Aiden was 12de in die o.17-ouderdomsgroep en Durandt 10de in die o.16-oudedomsgroep. Saterdag 16 Maart het agt ryers aan die XCO-byeenkoms by Stettyn-wynlandgoed buite Villiersdorp deelgeneem. Dit was ’n harde en stowwerige baan om te ry. Inge het vierde plek in die o.15-meisieswedren losgery. Die ander ryers het goed in warm omstandighede presteer.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article