Op Dinsdag 16 Julie het Hoërskool Strand se o.16A-dogtershokkiespan en o.18 B-netbalspan teen ’n toerspan van Hymers in Hull, Engeland gespeel. Niemand kon egter as oorwinnaar uit die stryd tree nie en die hokkiewedstryd eindig met ’n gelykoptelling van 2-2. Die doelskieters van Strand was Antoinette Bredenkamp en Lecé van Wyk. Op die netbalveld was die telling teen rustyd gelyk met 7-7. Na rustyd het die Strand-meisies werklik ’n grootse poging aangewend en met uitsonderlike deursettingsvermoë die wedstryd met 18-13 gewen. Die spelers van die wedstryd was Nadia Louw en Elbé Fouché.Foto:


Arende meet kragte met Hymers in Engeland

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article