Andrio Stevens, ’n leerder aan die Hoërskool Strand en lid van die Paarl-kushengelvereniging, het sedert sy aansluiting by dié klub in 2017 verskeie prestasies behaal. Hy is in 2018 en 2019 in die Boland-o.16-hengelspan opgeneem wat aan die junior Suid-Afrikaanse kushengel-kompetisies deelgeneem het. Verlede jaar het dié jong hengelaar 12de uit 85 hengelaars geëindig en is hy by die Boland-prysuitdeling as Boland se junior sportman van die jaar aange­wys. Hy het ook die trofee ontvang vir die hengelaar wat die swaarste eetbare vis gevang het asook die trofee vir die beste junior hengelaar. Andrio is onlangs in die Boland-o.21-span en senior span gekies wat 10-14 Februarie aan ’n nasionale kompetisie deelgeneem het. Hy was die enigste junior wat vir die senior span gekies is en was die derde beste hengelaar van die Boland-B-span.Foto:


Arend vang vis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article