Dominique Shepard van die Hoërskool Strand konsentreer hard om haar span op die wenpad te kry.


Verskeie junior toutrekkers van die Hoërskool Strand was onlangs lid van die Westelike Provinsie-spanne wat aan die Wes-Kaapse senior toutrekkampioenskap in Robertson deelgeneem het.

Ná klipharde mededinging van veral Eden- en Wynlandspanne was dit die WP-spanne wat as die algehele wenner van die kompetisie gekroon is.

Twee weke later is die nasionale senior toutrekkampioenskap by die Helderberg-toutrekklub in Strand gehou, en weer het dié skool se toutrekkers geskitter. Onder mentorskap van die ouer en meer ervare atlete het die junior trekkers goed ingepas, baie geleer en uitstekend getrek om 21 medaljes onder die junior trekkers los te trek.

Die atlete wat medaljes gewen het, is: Blaze Bosch (silwer en brons); Brendon van Rooyen (twee goud, een brons); Dominique Shephard (een goud, twee silwer); Durand van Deventer (goud, silwer, twee brons); Francois Uys (twee silwer); Louie Smit (silwer); Melizza van der Merwe (goud); Nina Esterhuysen (goud); Stefan Connan (silwer en brons) en Zack Barnard (twee silwer).

By die provinsiale kampioenskap in Robertson het die volgende leerders medaljes gewen: Anese Groenewald (brons); Blaze Bosch (twee silwer); Brendon van Rooyen (goud, twee silwer); Dominique Shephard (drie goud); Durand van Deventer (twee silwer, brons); Louie Smit (silwer); Marconette Els (brons); Melizza van der Merwe (twee brons); Mia de Gouveia (brons); Misha Goosen (brons); en Nina Esterhuysen (brons).

Toutrekkers van die Hoërskool Strand het ook aan die nasionale senior klubkampioenskap in Hartenbos deelgeneem en medaljes verower. Hulle is: Blaze Bosch (twee brons) en Durand van Deventer (een goud, silwer, brons).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article