Zounica van der Merwe, ’n gr.12-leerder aan die Hoërskool Strand, is vanjaar weer vir die o.23-Protea-toutrekspan gekies. Dié span gaan die land in September in Spanje verteenwoordig. Sy is die enigste HS-leerder en die jongste meisie van die Helderberg in die Suid-Afrikaanse span. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Zounica hierdie prestasie behaal. Sy het reeds aan een oefenkamp deelgeneem en sal vandeesmaand en in Mei weer deel wees van oefenkampe waar elke spanlid getoets en die finale span aangekondig word.


Arend hou haar lyf sterk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article