Anja Buys, ’n gr. 12-leerder aan die Hoërskool Parel Vallei, het ’n silwer sertifikaat van die President’s Awards-program ontvang. Die program is deel van die hertog van Edinburgh se internasionale toekenning waarin jeugdiges van meer as 140 lande tot hul volle potensiaal ontwikkel word deur middel van fisieke aktiwiteite, ’n avontuur, gemeenskapsdiens en om ’n vaardigheid aan te leer of te verbeter. Anja het onder meer by Mama Themba as vrywilliger gewerk en ekstra wiskundeklasse aangebied, saksofoon en hokkie gespeel en die ses dae lange Amatola-staproete voltooi. David Schenck, die hoof, het die prys aan Anja oorhandig.


Anja wen presidentsprys

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article