Laerskool De hoop se senior en junior kore het onlangs aan die Tygerbergse Internasionale Eisteddfod en Stellenbosch-kunswedstryd deelgeneem en uitstekend gevaar.

Die junior koor het 85% vir hul optrede by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod behaal en die senior koor 90,3%

Die kore spog ook met uitstekende uitslae in die Stellenbosch-kunswedstryd.

Die junior koor het cum laude (90%+) in die afdeling “eie keuse” ontvang.

Die senior koor het aan die gewyde- en eiekeuse-afdeling deelgeneem en vir albei optre­des 90%+ (cum laude) gekry.

Die kore het 6 Mei aan die Tygerberg-eisteddfod en 18 Mei aan die Stellenbosch-kunswedstryd deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article