Laerskool De hoop se senior en junior kore het onlangs aan die Tygerbergse Internasionale Eisteddfod en Stellenbosch-kunswedstryd deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die junior koor het 85% vir hul optrede by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod behaal en die senior koor 90,3%
Die kore spog ook met uitstekende uitslae in die Stellenbosch-kunswedstryd.
Die junior koor het cum laude (90%+) in die afdeling “eie keuse” ontvang.
Die senior koor het aan die gewyde- en eiekeuse-afdeling deelgeneem en vir albei optredes 90%+ (cum laude) gekry.
Die kore het 6 Mei aan die Tygerberg-eisteddfod en 18 Mei aan die Stellenbosch-kunswedstryd deelgeneem.




