AfriForum se Strand-buurtwag het in Augustus meer as 2 000 km gery om te verseker dat die gemeenskap veilig is.
Die buurtwag het 258 ure in die Strand-gemeenskap patrolleer. Tydens die patrollies het die lede op verskeie voorvalle reageer, waaronder ’n huisbrand, ’n vermeende voorval van huishoudelike geweld, ’n padwoedevoorval en talle motorongelukke.
Die Kaapstad-Noord-buurtwag het ook ’n motoris gehelp wie se voertuig se enjinkap oopgewaai en die voertuig se windskerm gekraak het.
Die Strand-buurtwag, in samewerking met Gordon’s Bay Security Trust, AM Security, Vetus Schola en Fidelity ADT, het bewusmaking geskep oor gemeenskapsveiligheid. Veldtogte soos dié versterk die bande tussen buurtwaglede en ander veiligheidsondernemings. AfriForum sê goeie samewerking tussen die partye is ook belangrik om misdaad te bekamp.
- AfriForum vra as jy ’n verskil in jou gemeenskap wil maak, reik uit na jou plaaslike tak en buurtwag.




