Die Helderbergkom-tak van AfriForum in Gordonsbaai het vandeesmaand ‘n hernieude gevoel van trots op die voorkoms van die Gordonsbaai-polisiekantoor by dié beamptes ingeboesem.
Die tak het op sy eie onkoste tuindienste gekry om die grasperk by die polisiekantoor te sny, asook skoonmaakmiddels oorhandig sodat die kantoor vir die gemeenskap skoon en netjies gehou kan word. Die polisiebeamptes het onderneem om hul meubels en kantore met dié middels in stand te hou.
Deon Goosen van AfriForum se Helderberg-tak het die skenking aan sers. Jeremiah Naidoo oorhandig.
“Die publiek se vertroue in wetstoepassers se vermoëns begin dikwels by die sigbare toestand van die polisiekantoor. ‘n Netjiese, goedversorgde omgewing is een van die maniere om hierdie vertroue in te boesem,” sê Marique van Dalen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.
Besoek www.wordlid.co.za vir inligting om by die burgerregteorganisasie betrokke te raak.




