Wil jy ’n potgooi begin of meer leer oor die sakewêreld?
Dan is die bekende mediapersoonlikheid en entrepreneur Jody Hendricks die man na wie jy soek. Jody is ná 10 jaar in Johannesburg terug in sy geboortedorp en wil sy kennis in die media en sakewêreld met jou deel.
Jody is ’n bekende op radio, TV, tradisionele en digitale media en besit ook verskeie ondernemings in Johannesburg en Kaapstad.
Hy spesialieer in groeistrategie vir jou onderneming; kan help met ‘n potgooi (podcast), bemarking vir jou onderneming, aanlyn video’s, fotosessies en selfs om ’n spesiale geleentheid op sosiale media uit te saai.
Jody wil sy kundigheid met meer as 20 jaar se ervaring in die mediasfeer en in die entrepreneurs-arena gebruik om jou te help met enige media- of entrepreneurskap- aangeleenthede.
Sakeondernemings, skole, sport- en sosiale klubs, organisasies en individue is almal welkom om Jody te kontak by jody@justjody.co.za




