Die ACVV Strand het met groot dank die seëning van gehekelde en gebreide produkte asook warm komberse vir die winterseisoen, wat deur die NG gemeente van Fochville geskenk is, ontvang. Die plaaslike organisasie is hoofsaaklik ’n kinderbeskermingseenheid en staan ook gesinne in nood in hul bedieningsgebied by. Skenkings word ook in die organisasie se winkel vir gebruikte goedere verkoop en geld word vir sopkombuis-projekte en kospakkies aangewend. Vir navrae, skakel die kantoor by 021 854 7215. Op die foto, van links, is Jackie Dippenaar (kantoorhoof), Elizabeth Venter (pleegsorg- maatskaplike werker) en Maria Mlungu (algemene assistent).


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article