As jy nog op skool is en ’n gretige singer is, gaan oudisie Saterdag 4 Maart vir die Macassar Idols.
Die oudisies word by die Shoprite-winkelsentrum in Hospitaalstraat van 09:00 tot 14:00 gehou. Daar sal ook kaartjies na die finale ronde, wat op Saterdag 25 Maart plaasvind, uitgedeel word.
Die finaal word by Macassar Hoërskool se saal gehou vanaf 18:00. Daar is kontantpryse vir eerste, tweede en derde plek. Kaartjies kan vooraf ook gekoop word teen R35 vir volwassenes en R25 vir kinders.
Vir meer inligting en kaartjies, bel Jason Matthews op 062 543 0713.



