Die jaarlikse gekombineerde hoër- en laerskool mini-atletiekbyeenkoms vind Dinsdag 6 Februarie in Somerset-Wes plaas.
Die byeenkoms is deur ’n voormalige skoolhoof, Lukas Potgieter begin en nou in sy 42ste agtereenvolgende jaar.
Atlete van die volgende hoërskole neem deel: Strand, Paul Roos Gimnasium, Bloemhof, Brackenfell, Parel Vallei, DF Malan en Fairmont. Laerskole wat deelneem is Eversdal, Somerset-Wes, Hendrik Louw, Gene Louw, Gordonsbaai, Lochnerhof, Bellpark, Durbanville, Mikro, Rhenish, Riverview en Stellenbosch.
Die byeenkoms, geborg deur Buco Hardware, begin om 18:00 op die baan van die Somerset-Wes Primêre Skool en eindig stiptelik om 20:00.


