Twaalf PV-atlete is gekies om Boland in 18 items by die Wes-Kaapse hoërskole-atletiekkampioenskap te verteenwoordig. Agter, van links: Gerhard Eckley, Roux Nieuwoudt, Melissa Hoffman en Lyle Titus. Voor is Jayden Daniels, Marietjie Cilliers, Courtney Jenniker, Zinati Fukweni en Zenade October. Mikhaela Horn, Adam Burger en Lanah Nel was afwesig toe die foto geneem is.


Hoërskool Parel Vallei se atlete het uitstekend gevaar in die Boland-atletiekkampioenskap, wat 22 en 23 Februarie by die Dal Josafat-stadion in Paarl beslis is.

Die atlete het drie goue, ses silwer en ses brons medaljes gewen en 12 PV-atlete gaan Boland in 18 items by die Wes-Kaapse hoërskole-atletiek­kampioenskap verteenwoordig.

Die uitslae van die Boland-atletiek-kampioenskappe was: Gerhard Eckley (brons; 10 km-stap, seuns o.19), Roux Nieuwoudt (silwer; gewigstoot, seuns o.17), Melissa Hoffman (vierde; hamergooi, meisies o.17), Lyle Titus (brons; diskus, seuns o.19), Jayden Daniels (seuns o.15: vierde in verspring; goud vir 100 m; silwer vir 200 m; goud vir 300 m), Marietjie Cilliers (brons; 1 500 m, silwer; 3 000 m, meisies o.15), Courtney Jenniker (silwer; driesprong, meisies o.15), Zinati Fukweni (goud; diskus meisies o.14), Zenade October (meisies o.15: brons; 800 m, vierde in 1 500 m; vyfde in 3 000 m), Mikhaela Horn (brons; hoogspring, meisies o.17), Adam Burger (silwer; hoogspring, seuns o.15), Lanah Nel (silwer, 3 000 m, meisies o.17).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article