Hoërskool Strand se Groen-klub het tydens die eerste kwartaal aan die begin van die jaar Lourensrivier en sy walle skoongemaak as deel van ’n groter gemeenskapsprojek. Die klublede in gr.10 tot gr.12 het ook vrywillige werk by Paardevlei se jagluiperd-rehabilitasiesentrum gedoen. Dié groep het ook reeds hul eerste twee strand-skoonmaaksessies vir die jaar gehou waar onderskeidelik op die gebied om die mensereddersklub en die stalletjies gefokus is.


Arende dink ‘groen’

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article