Martin McCarthy, ’n gr. 10-leerder aan Hoërskool Strand, is vir die 2019 junior Boland-brander­ryspan gekies wat van in Maart aan Sea Harvest se streek-grommetspele in Port Elizabeth deelgeneem het. Hy is een van 13 branderryers wat gekies is om aan dié spele deel te neem. Martin was in die twee uitkloprondes elke keer die naaswenner en het tot die halfeindronde deurgedring en derde geëindig. Net die eerste twee plekke het tot die eindstryd deurgedring. Martin was ook kaptein van die aflosspan, wat ’n tweede plek behaal het.


Arende se branderryer tops!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article