Martin Theron, ’n leerder aan Hoërskool Strand, het die naweek van Vrydag 12 April aan die Eden-uitnodigingsgala in Knysna, as deel van die Cape Town Metro Aquatics (CTMA) se span, deelgeneem. Hy het baie goed gevaar en twee medaljes gewen. Martin was derde in die 50 m-vlinderslag en tweede in die 100 m-rugslag. Sy aflosspan het ’n algeheel vierde plek losgeswem. In Februarie het dié talentvolle swemmer ook aan die CTMA WP Vlak 1-gala deelgeneem, waar hy agt medaljes – vyf goud, twee silwer en een brons – verower het.


Trotse Arend vlieg deur die water

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article