Vincent Kruger (links) van Hoërskool Strand het twee bronsmedaljes vir “Variety” en “Country” in die individuele sangkategorie in die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir uitvoerende kunste in Rustenburg gewen. Vincent het ook WP-kleure losgeslaan.Suenelle Viljoen en Alida Mari Barlow (foto regs), ook leerders aan Hoërskool Strand, het ook uitstekend in die kampioenskap vir uitvoerende kunste in Rustenburg gevaar. Alida het gedans en vier goue, vier silwer en twee bronsmedaljes gewen. Suenelle het ook gedans en kan met twee goue, een silwer- en twee bronsmedaljes spog. Dié twee leerders het ook WP-kleure ontvang. Hulle kry halferekleure by die skool vir buitekultuuraktiwiteite.


Arende sing en dans medaljes los

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article