Derik Nortje, ’n gr. 10-leerder van Hoërskool Strand, het Vrydag 3 Mei die gehoor by die prestigeryke Stellenbosch-pryswennerskonsert beïndruk met sy toespraak “As die voëlmis die Facebook tref”. Derik is ook beloon met die Stellenbosch-kunswedstrydmedalje vir veelsydigheid in die dramatiese kunste én die Stellenbosch-kunswedstrydbeker vir senior redevoering – voorwaar ’n puik prestasie vir hierdie baie talentvolle jong woordkunstenaar. Links is hy by Mathilda Walters-Vlok (organiseerder: Dramatiese Kuns).


Derik beïndruk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article