Hoërskool Strand se krieketspelers het die afgelope seisoen ’n hele paar hoogtepunte beleef. Liam Martin (links), die kaptein van die o.19A-krieketspan, is lid van die Suid-Afrikaanse o.17-plattelandspan en is in Boland se o.18-winteroefengroep ingesluit. Chris Jurgens (regs), wat al van gr. 8 af lid van die o.19A-krieketspan is, is op sy beurt in die Boland o.15-winteroefengroep ingesluit. Die o.19A-spanbestuurder, Andries Louw, is by die talentvolle spelers.


Arende blink uit op krieketveld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article