’n Totaal van 57 leerders aan Hoërskool Strand het in April aan ’n wiskunde-kompetisie van die Universiteit van Kaapstad deelgeneem.
Ongeveer 6 500 leerders van 160 skole het vanjaar deelgeneem. Ná afloop van hierdie kompetisie is Dylan Swarts (gr. 9) en Jolene le Roux en Mieke van der Merwe (gr. 11) genooi om aan die uitnodigings-olimpiade deel te neem.
Dylan is ook genooi na die prysuitdeling, aangesien hy die beste presteerder van Hoërskool Strand was.
Volledige uitslae sal by die skool se prysuitdeling bekend gemaak word.
Heelwat gr. 10- tot gr. 12-leerders van die skool het ook die uitdaging aanvaar om aan Die Burger se aanlyn wiskundekompetisie deel te neem. Chris Langeveldt is die tweede agtereenvolgende jaar as een van die 20 beste presteerders in die Wes-Kaap aangewys.
Hy is genooi om Saterdag 27 Julie aan die eindronde deel te neem en het ook ’n geldprys gewen.




