Die Arende se eerste seuns- en meisieshokkiespanne het Woensdagaand 15 Mei nuwe wedstryddrag en langmou-opwarmhempies van die borg KFC ontvang. Dit is reeds die derde jaar dat KFC by die hokkie van Hoërskool Strand betrokke is. Op die foto’s oorhandig Leani van der Merwe, die hokkie-organiseerder, en André Claassen, ’n verteenwoordiger van KFC, die klere aan die spelers. Albei spanne het ook vanjaar gholfhempies ontvang. Hierdie nuwe toevoeging tot hul uitrusting is moontlik gemaak deur ’n borgskap van Pierre Volschenk-verfkontrakteurs. Adriaan Lambrechts (foto links) ontvang sy klere terwyl Anjanka Olivier (foto regs) haar nuwe klere in ontvangs neem.


Strand-hokkiespelers kry nuwe wedstrydklere by geselligheid

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article