Duncan Whitehead, Van Heerden Heunis, Christo Cilliers, Charles Whitehead en Johann Heunis is vyf manne van Laerskool De Hoop wat jy nie sonder handskoene moet aandurf nie, want dié leerders ken hul slag met judo! Die vyf seuns het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Vanderbijlpark deelgeneem en talle medaljes huis toe gebring. In die Kata-afdeling het Charles en Johanns goud in die Kime No Kata en goud in die Nage No Kata (dubbele goud) in Groep 2 (11 en 12 jaar oud gekombineerd) vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen. Van Heerden het goud in die Kime No Kata en silwer in die Nage No Kata Groep 3 gewen. Die individuele prestasies was as volg: Duncan – brons in die afdeling seuns nege jaar oud, 34 kg

De Hoop-leerders presteer in judo

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article