Die muurbalspanne van Hoërskool Strand en Hoërskool Parel Vallei het van 5 tot 7 Augustus weer eens mekaar die stryd aangesê in die sesde jaarlikse muurbal-interskolewedstryd by Hoërskool Strand. Spel van hoogstaande gehalte is deur die skole se spelers gelewer. Woensdag 7 Augustus was die hoogtepunt van die uitdaging toe al drie ouderdomsgroepe se A-spanne mekaar p die baan gepak het. Van die 36 wedstryde en nege spanne het Hoërskool Strand vanjaar loshande geseëvier deurdat hulle net twee wedstryde verloor het. Die Arende het vanjaar al drie die trofees vir die o.15- en o.19-meisies en die o.19-seuns gewen. Links is die meisies van Hoërskool Strand se o.19 A-span met hul trofee: Ané Braasch, Danelie Pienaar, Aneldi Morkel en Elana Hay.


Interskole-muurbalstryd

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article