Derik Nortje en Vincent Kruger, twee leerders aan Hoërskool Strand, het Dinsdag 13 Augustus aan die Strand Rotariërs se jaarlikse redenaarskompetisie deelgeneem. Leerders van agt hoërskole in die Helderberg het hul redenaarsvernuf by die Playhouse-teater in Somerset-Wes ten toon gestel. Derik, ’n gr.10-leerder, het die eerste keer aan die senior afdeling deelgeneem en ’n fantastiese tweede plek behaal. Hoërskool Parel Vallei was vanjaar die gasheerskool.


Redenaars presteer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article